Ek het eenmaal by ‘n interkerklike manne byeenkoms in Pretoria bedien en teen die einde van my preek het ‘n man wat heel agter in die ouditorium gesit het, my ‘n vraag gevra: “Wat glo jy omtrent die doop?” Hierdie vraag raak ‘n baie omstrede kwessie in Suid-Afrika aan waaroor daar al menige vurige debatte gevoer is. Ek het besef dat ek daardie vraag in hierdie interkerklike omgewing met wysheid sou moes beantwoord, en ek het die Heilige Gees gevra om my te help. Die woorde wat uit my mond gekom het, was nie my eie nie.
Ek het geantwoord, “U moet verstaan dat ek in baie verskillende denominasies bedien en dat elkeen hul eie manier van doop het. Sommige besprinkel babatjies; ander hou hul hand oor die baba se mond en doop hulle onder die water. Ander doop volwassenes deur onderdompeling – agtertoe, vorentoe, drie maal agtertoe.”
Verder het ek gesê, “Ek gee nie om hoe u gedoop is nie, maar ek moet vir u volgens die Skrif vertel dat indien u doop nie ‘n drastiese verandering in u lewe meegebring het nie, was dit net ‘n leë ritueel wat geen geestelike waarde dra nie.” Die doop, of dit nou waterdoop, doop met die Gees of die vuurdoop is, moet in wese ‘n drastiese impak op u lewe hê. U lewe behoort daarna nooit weer dieselfde te wees nie.
Reviews
There are no reviews yet.