Blog

Principles of a Happy Marriage – Study 3- The gender issue

Dankie vir die kommentaar op my vorige artikel wat oor geslag gehandel het. Ek vra om verskoning dat ek nie verduidelik het nie. Jy sien, ek is ‘n man. Al my ervaringe is vanuit daardie perspektief. Wanneer ek onderrig gee, gee ek dit uit persoonlike ervaring, en alhoewel ek jou kan sê wat die Bybel oor ‘n vrou se rol in die huwelik sê, kan ek dit nie met oortuiging bedien nie, aangesien ek nog nooit ervaar het hoe dit moet voel om aan ‘n man onderdanig te wees nie. Ek kan maar net vertel hoe ek as man dit ervaar om ‘n vrou te hê wat ‘n sterk persoon is – ‘n onderwyseres in haar eie reg – maar wie haarself vrywilliglik aan my onderwerp. En ja, haar optrede is ‘n groot deel van die rede waarom ons ‘n suksesvolle en vredevolle huwelik het.

Ek moet net weer beklemtoon dat ons sukses nie daarin lê dat ons sulke oulike mense is nie – want ons is nie. Ons is net gewone mense met ‘n eenvoudige huis – ons keuse. Die sukses het alles te doen met ‘n groot God wat die huwelik ontwerp het en beginsels vir die huwelik in sy Woord – die Bybel – neergeskryf het. Ons het eenvoudig die reëls gehoorsaam.

50/50

Van geslag gepraat, moet ek sê dat ek nie met die algemene filosofie saamstem dat die huwelik ‘n 50/50 ooreenkoms is nie. Ek verstaan uit daardie filosofie dat elke party 50% aan die huwelik moet bydra. Ek glo dat die huwelik ‘n 100/100 ooreenkoms is. Vir my klink 50/50 te selfsugtig. Ek het my 50% gegee, waar is joune? Daar is geen man of vrou wat in alle eerlikheid kan sê dat hulle altyd 100% voel, en daarom in staat is om altyd hulle volle deel by te dra nie. Gevolglik, as elkeen se deel net 50% is en jy op ‘n dag vir een of ander rede swak voel en jou deel nie kan bybring nie, gaan daar ‘n probleem in die huis wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *