Blog

Principles of a happy marriage – Study 2

Ek het nie beplan om ‘n reeks oor die huwelik te skryf nie, maar toe ek begin, het ek skielik besef dat dit die regte ding sou wees vir my om my sukses verhaal tot u seën te deel. Daar is gans teveel tragiese verhale daar buite. Soveel so dat daar sekerlik menige mense is wat dink dat, met al die druk wat die lewe gee, dit nie moontlik is om ‘n gelukkige huwelik te hê nie. Ek wil egter vir u sê dat dit wel moontlik is. En dit is nie net moontlik vir mense daar buite om gelukkig te wees nie; dit is net so moontlik vir jou om jou gebroke huwelik op te tel en te sien hoe God dit in iets sag en mooi en vredevol kan verander. Daarom dat ek besluit het om van die dinge te deel wat ek glo, bygedra het tot ons geluk. Ek moet van die staanspoor af se dat ek in God glo. Ek glo in sy heilige Woord, die Bybel. En ek glo dat Hy die Skepper van die hemel en die aarde is en dat Hy ons intiem ken. Hy ken ons fisiese raamwerk. Hy ken ons emosionele samestelling. Hy ken ons behoeftes, fisies en geestelik, en Hy sorg. As gevolg van sy persoonlike sorg vir my en vir jou, het Hy daarvoor gesorg dat die Bybel as ‘n handleiding vir ons lewens geskryf word. Die beginsels waarop my huwelik gebou is, is daarom stewig op daardie “handleiding” gebasseer, en ek glo dat die Bybel geheel en al voldoende is om vir ons spesifieke rigting vir elke aspek van die lewe wat ons mag teëkom, te gee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *