In Daniël Hoofstuk 3 lees ons dat Nebukadnésar drie mans in ‘n vuuroond wat sewe keer meer verhit is, gegooi het. Maar tot sy verbasing het hulle nie gesterf nie. In plaas daarvan het ‘n vierde Man verskyn en saam met hulle in die vuuroond rondgeloop. Wie was hierdie vierde Man wat sulke mag oor die vlamme uitgeoefen het, dat toe die drie mans op Nebukadnésar se bevel uiteindelik uit die vuuroond gelaat is, daar nie eers ‘n beduidenis van ‘n rookreuk op hulle klere was nie, en dat net die toue waarmee hulle vasgebind was, afbrand was?
Wie is hierdie vierde Man?
- In Genesis is Hy die Skepper van hemel en aarde en die Saad van die vrou.
- In Exodus is Hy die Paaslam wat sy volk uit slawerny aan Egipte verlos het; die Manna in die woestyn; die Rots van toevlug wat sy volk van lewende water voorsien het; die Wolkkolom bedags en die Vuurkolom in die nag.
- In Leviticus is Hy die Wetgewer; die Sondoffer; en die Bloed van versoening.
- In Númeri is Hy die Pasga; die Koperslang; die Ster van Jakob en die Septer uit Israel.
- In Deuteronómium is Hy die Profeet wat soos Moses, verlossing aan sy volk sou bring.
- In Josua is Hy die Owerste van die hemelse leërskare, die Krygsman van Israel.
- In Rigters is Hy ons regverdige Regter; die krag van Simson wat sterker is as ‘n leeu; die Vlies van Gideon wat die manskappe van Israel gelei het.