Blog

principles of a happy marriage (1)

Ek en Mandy is op 5 Junie 1976 getroud. Dit was gedurende die oorlog in Rhodesië, en ek was vir die eerste ses maande van ons huwelik in die weermag (diensplig) vir ses weke op ‘n slag met tien dae tussen in af. Dit was nie ‘n goeie begin nie, maar ons was verlief en het dit hanteer. Daarna is ons vir twee jaar Bybelskool toe – of eerder, ek is Bybelskool toe terwyl Mandy gewerk het. Ek sal haar ewig dankbaar wees vir haar opoffering. Hierna het ons vir 18 maande na ons moedergemeente teruggekeer voordat ons beroep is om ons eie gemeente in Fort Victoria te behartig. Teen daardie tyd was ons maar vier jaar getroud. Ons was jonk en groen. Hierdie sou ons oefenterrein in kwessies van die regte lewe wees.

Die vorige leraar van die gemeente, ‘n bejaarde pastoor en sy vrou – liewe mense vir wie ons nogsteeds hoog ag – sou verplaas word na ‘n ander gemeente. Ons nuwe gemeente wat nou vakant was het egter deur swaar tye gegaan, en toe ons daar aankom, was daar net elf ouetehuis pensionarisse en twee jong mans van ons ouderdom oor. (Baie mense het gedurende die oorlogsjare geimmigreer.) Die vorige pastoor en sy vrou was in so ‘n toestand van diep kliniese depressie dat hulle nie kans gesien het om te trek nie. Hulle het toe aangebly en elke dag in my sitkamer kom sit met ‘n byna tasbare wolk van somberheid wat oor hulle gehang het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *