R100.00R140.00

Koninkryke in konflik – Boek 3 – Huwelik & Gesin

Daar is ‘n aanslag teen huwelike en gesinne soos seker nog nooit tevore in die geskiedenis ervaar is nie. Die koninkryk van duisternis wil bittergraag hierdie Godgegewe ontwerp van ‘n gelukkige verhouding tussen ‘n man, sy vrou en hulle kinders vernietig. Ek dink daar is min dinge in die wêreld wat so kosbaar is soos ‘n ordelike, rustige, gelukkige en Goddelike huwelik en gesin.

Clear
ET-KK3-AFR ,

Meet The Author

"Restoring the lost sheep and healing the broken-hearted."

Wat is die fondasie waarop ‘n volk gebou word? Dit is GESINNE. Wanneer gesinne in orde is, is die volk in orde. Wanneer gesinslewe ontwrig is, is die volk ook ontwrig. Daarom het die roeping van die volk van Israel met ‘n bevel van YHWH aan Abraham, ‘n vader, begin: om sy KINDERS in die weë van YHWH groot te maak – om reg en geregtigheid te doen.

Gen 18:19 “Want Ek het hom verkies, DAT HY AAN SY KINDERS EN SY HUIS NÁ HOM BEVEL SOU GEE dat hulle die weg van YHWH moet hou OM GEREGTIGHEID EN REG TE DOEN; sodat YHWH oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.”

Deut 6:4     “Hoor, Israel, YHWH onse God is ‘n enige YHWH.

6:5              “Daarom moet jy YHWH jou God liefhê met JOU HELE HART en met jou hele siel en met al jou krag.

6:6              “En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet IN JOU HART wees;

6:7              “en jy moet dit JOU KINDERS INSKERP en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

6:8              “Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.

6:9              “En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.”

Familie-eenhede waar die kinders van ‘n jong ouderdom die weë van YHWH geleer word, is absoluut die sleutel tot die sukses van ‘n volk. Die aanslag teen gesinne in die eindtye waarin ons leef, is inderdaad onheilspellend en is daarop gemik om die getuienis wat ons hele volk vir ander nasies van die wêreld behoort te wees, te vernietig. Die verwoesting van gesinswaardes het die disintegrasie van ons volk tot gevolg, en daarmee saam die effektiwiteit van ons Christelike getuienis.

Formaat

eBoek, Gedruk

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Koninkryke in konflik – Boek 3 – Huwelik & Gesin”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may also like…