Blog

The Heart of Man Part 2

Opvang

Ons gaan voort met die reeks oor die hart van die mens, en hierdie is Deel 2 van daardie Bybelstudie. Ek wil graag vinnig kyk na dit waaroor ons verlede week gepraat het en net kortliks ‘n paar van die Skrifte herhaal. Ons het begin by Matthéüs 15:8, waar Jesus sê,

Matt 15:8“Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af.”

Waar is jou hart? Hy praat daar van ‘n skynheilige godsdiens waar dit lyk asof alles goed is, maar in die hart is dinge nie goed nie. Ons het ook gekyk na Matthéüs 12 waar Jesus praat van die skat van die hart.

Matt 12:35 “Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.”

Met ander woorde, ons praat uit ons hart uit. Jakobus praat daarvan dat dit wat ons sê soos die roer van ‘n skip is, dit gee jou lewe rigting. Dit wat uit jou mond uitkom is baie belangrik, en dit wat uit jou mond kom, kom uit jou hart. Wat dus in die hart aangaan, is wie ons is; dit is wie ons word. Dit is die rigting wat ons lewe gaan inslaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *