Gee die Bybel vir ons rigting oor hoe om ‘n besigheid te bedryf? Absoluut. Dit is gevul met woorde van wysheid wat van toepassing is vir elke aspek van ons lewens. In hierdie boek is daar omtrent 260 Skrifverwysings wat versigtig in orde gestel is om antwoorde te gee vir algemene daaglikse besigheids besluite wat elke persoon moet neem. Die toepassing van hierdie woorde van wysheid sal vir jou ‘n hoopvolle toekoms te gee.
Vrae oor Kersfees
Price range: R40.00 through R50.00Ek word dikwels vrae gevra oor die viering van Kersfees – die datum, 25 Desember, Kersbome, die viering self, geskenke, liggies, ens. Daar is baie debat hieroor en kritiek sonder behoorlike navorsing of rede. Laat ons dus kyk wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê. Let asseblief daarop dat hierdie doelbewus ontwerp is as ‘n kort studie om vraestellende mense redelike antwoorde te gee. Dit is nie ‘n diepgaande studie nie. So ‘n diepgaande studie sou boekdele vul met die wonderlikste waarhede. Ek bly doelbewus weg van betekenislose en leë godsdienstige kritiek, aangesien dit van geen waarde sal wees nie. My doel is om u geloof in die wonders van die Skrif en die akkuraatheid van profetiese vervulling aan te moedig.

Reviews
There are no reviews yet.