Blog

Father’s Emotional Response to the Crucifixion (1)

Die Heilige Gees het gister iets aan my openbaar wat ek nog nooit voorheen raakgesien het nie. Wat was ons Hemelse Vader se emosionele reaksie op die wrede marteling en kruisiging van sy geliefde Seun, Jesus Christus?

Ek en Mandy was die afgelope twintig jaar dikwels betrokke by die besoek en berading van duisende mense (hoofsaaklik boere) wat op een of ander manier vreeslike trauma beleef het. Ons het al bittere trane van diep emosie aanskou terwyl ons na die hartverskeurende verhale van mense luister. Hierdie mense is wreedaardig in hul huise aangerand, verskriklik geslaan, hul besittings is gesteel of met opset verwoes, huise is geplunder of afgebrand, plase gesaboteer en afgebrand, hul diere kwaadwillig en onredelik doodgemaak of vermink. Ons het probeer verstaan en die mense probeer vertroos wie se geliefdes kwaadwillig vermoor is. Ons het gesien hoe kinders by die oop graf van hul pa staan, wie as gevolg van die onreg wat die lewe na hom gegooi het, aan diepe depressie gely het en uiteindelik selfmoord gepleeg het.

Hierdie is alles dinge wat diep emosies en bittere trane veroorsaak. Die gedagte om wraak te neem, hardloop deur hul denke, asook die onophoudelike vrae: Waarom, waarom, WAAROM??

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *