Blog

Vir my persoonlike geestelike lewe is een van die mees uitdagende en lewensveranderende Skrifgedeeltes seker Paulus se woorde van bemoediging aan die Hebreeuse Christene wat baie vervolging verduur het. Beskou die grootte van die uitdaging wat hierdie paar woorde voorhou:

Heb 10:34 “Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ’n beter en blywende besitting in die hemele het.”

Ek begryp die implikasie hiervan aangesien ek en my vrou deur dieselfde ding gegaan het deurdat ons ons plaas en eiendom in Zimbabwe verloor het en oornag met slegs ‘n tas klere elk na Suid-Afrika moes vlug. Volgens my verwys hierdie Skrifgedeelte egter na iets baie dieper – dinge waarmee mense daagliks worstel maar selde weet hoe om te hanteer.

Beskou die woorde “berowing van julle goed”. Ons verstaan onmiddellik dat hierdie iets is wat erg onregverdig is. Wie gee enige staatsagentskap die reg om ‘n ander se eiendom te neem? As hierdie “berowing van julle goed” egter in wese daaroor gaan dat mens onregverdig behandel word, kan dit dan op ‘n lang lys dinge van toepassing wees wat die meeste mense daagliks in die gesig staar. Wat van siekte of die regering se manipulerende beheer oor wat landsburgers mag of nie mag doen nie? Ek en Mandy het ons kinders en kleinkinders vir meer as twee jaar nie gesien nie. Ons het hulle ontsettend lief en verlang verskriklik baie na hulle. Die besluit om nie na Nieu-Seeland te gaan om vir hulle te gaan kuier nie, berus egter nie by ons nie. Dit lê in die regeringsowerhede se hande.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *