Die Afrikaner se plek in die Volketuin van God
From: R10.00Die 16de Desember is ‘n spesiale dag vir die Afrikaner volk. Dit herdenk die dag wat hierdie nasie ‘n verbond met God gesluit het. Hul leier, Piet Retief, en sy metgeselle is in 1838 op ‘n verraderlike wyse deur Dingaan, die Zulu koning, vermoor. Voortrekker groepe is onmiddellik daarna aangeval en afgemaai. Die hele nasie het in gebed getree. ‘n Groep van ongeveer 460 vrywilligers het toe onder leiding van Andries Pretorius inbeweeg om Dingaan se leër van ver oor die 10,000 impi’s te konfronteer. Hierdie manne het voorlaaiers gehad, nie moderne gewere nie, en dit het teen hulle getel. Hulle was egter manne van God met ‘n diepe geloof, en weens die geweldige oormag wat teen hulle was, het hierdie klein groepie mense ‘n gelofte aan God afgelê dat as God vir hulle ‘n oorwinning in dié oorlog sou gee, hulle as Afrikaner volk vir God sou dien en vir Hom ‘n huis ter herinnering sou bou.
Hul volkome oorwinning by Bloed Rivier – sonder ‘n enkele verlies aan hulle kant – was een van die grootste wonderwerke in militêre geskiedenis.