Blog

saturated with the holy spirit

Dit is Pinksterdag en ek wil bietjie kyk na hoe Pinkster ons raak, vandag, in die tyd waarin ons leef – die onsekere tye, amper 2000 jaar ná daardie groot eerste Pinksterdag. Is dit nog van toepassing? Raak dit ons nog?

Nadat Petrus daardie preek in Handelinge hoofstuk 2 op Pinksterdag gepreek het, eindig hy hiermee:

Hand 2:36 “Laat dan die hele huis van Isreal sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.”

Hy praat hier baie reguit met die mense; “Julle het Jesus gekruisig.”

2:37 “Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen broeders?”

Wat nou?

Hierdie het nou wel gebeur, maar wat nou? Wat moet ons doen? Petrus antwoord hulle met ‘n baie definitiewe, positiewe woord en hy sê:

Hand 2:38 “… Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot die vergewing van sondes …”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *