Afrikaans

Hot
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Nog ‘n Plaas in Afrika

R180.00R240.00

Om te boer was vir my veel meer as om ‘n paar beeste aan te hou,” skryf Henry Jackson, ‘n afstammeling van Zimbabwe sendeling boere. “Dit was om standpunt in te neem vir dit wat reg is.”

Nóg ‘n plaas in Afrika is ‘n weergawe van Jackson se lewensgeskiedenis in Zimbabwe. As ‘n gesinsman, sakeman, boer en Christen predikant in ‘n getraumatiseerde gemeenskap handel Jackson se verhaal oor sy kinderlewe in Rhodesië, die oorlog, ‘n politiese revolusie en oorname van regering deur ‘n kommunistiese regime, asook die gevolglike ekonomiese val van die land.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Hot
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koester die Woestyn

R140.00R180.00

Jesus se leer het my geweldig uitgedaag terwyl ek en my vrou in ‘n land (Zimbabwe) gewoon het waar korrupsie aan die orde van die dag was, en waar ons voortdurend met gevaarlike situasies gekonfronteer is, situasies wat ons lewens en lewensonderhoud bedreig het. As man en pa vir my gesin het ek ‘n groot verantwoordelikheid voor God gehad om my gesin te lei en goeie besluite te neem. Ons is geweldadig in ons huis aangerand en ons besittings is gesteel. Ons besigheid en boerdery is met opset deur polities-gedrewe mense gesaboteer en my lewe is verskeie maal bedreig. Die lewe was uitsonderlik moeilik.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Die Beslaglegging op Grond Sonder Vergoeding – Wat sê die Bybel?

R35.00R50.00

Geweldadige onteiening van grond is nie ‘n nuwe verskynsel nie. Dit het al herhaaldelik deur die eeue plaasgevind. Dit kom in beide die Ou en Nuwe Testament van die Bybel voor. In die eerste paar verse van Genesis 12 gee YHWH vir Abraham die opdrag om sy land te verlaat en na ‘n nuwe land te gaan wat YHWH vir hom sou gee. Abraham word deur YHWH na die land Kanäan gelei, en dit is dan die land wat aan hom beloof is.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

In die Holte van Sy Hand

R120.00R160.00

In die holte van sy hand is die verhaal van ‘n onopgeleide en onervare jong paartjie wat, niksvermoedend, die wêreld van die bonatuurlike betree het toe hulle die roeping na die bediening in 1958 aanvaar het.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Bybelse Beginsels vir Besigheid

R140.00R180.00

Gee die Bybel vir ons rigting oor hoe om ‘n besigheid te bedryf? Absoluut. Dit is gevul met woorde van wysheid wat van toepassing is vir elke aspek van ons lewens. In hierdie boek is daar omtrent 260 Skrifverwysings wat versigtig in orde gestel is om antwoorde te gee vir algemene daaglikse besigheids besluite wat elke persoon moet neem. Die toepassing van hierdie woorde van wysheid sal vir jou ‘n hoopvolle toekoms te gee.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Hot
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Besnydenis van die Hart: Boek 1

R40.00R60.00

Uit die oorvloed van die hart praat die mond. Dit wat in ons hart is, is ook dit wat by ons mond uitkom.
12:35 “Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.”

Vriende, wat ons in ons hart saai, sal by ons mond uitkom. En wat ons sê, is wie ons word – dit is die rigting waarin ons sal gaan.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Besnydenis van die Hart: Boek 2

R40.00R60.00

Jesus se onderrig is vol verwysings na die “koninkryk van God”. Waar daar ‘n koninkryk is, moet daar noodsaaklik ook ‘n koning wees om daaroor te heers. Om te regeer, moet daar sekerlik ‘n koning betrokke wees by die lewens van diegene wat in sy koninkryk is, en dit is die koning wat rigting gee, wette maak en gehoorsaamheid aan daardie wette van die burgers in die koninkryk afdwing.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Besnydenis van die Hart: Boek 3

R40.00R60.00

‘n Gedeelte in die Hooglied van Salomo toon hoe verlief die bruid was – hoe sy na haar Bruidegom gesmag het, hoe sy gesoek en gesoek het totdat sy Hom gevind het. Hierdie gedeelte moet ons lei tot die ingesteldheid wat ons harte teenoor ons Bruidegom behoort te hê. Hier is ‘n aanhaling van hierdie kosbare gedeelte.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Ontvang die Heilige Gees Boek 1 – Ingang tot die Koninkryk

R60.00R80.00

Ons kom die frase, “Ontvang die Heilige Gees” ten minste ses keer in die Nuwe Testament teë. Die bogenoemde aanhaling van Jesus was net ná Sy opstanding by die geleentheid van Sy eerste verskyning aan Sy dissipels, waar hulle agter slot en grendel uit vrees vir die Jode weggekruip het. Hulle was met verwondering gevul toe Hy die letsels van spyker gate in Sy hande vir hulle wys, en hulle besef dat hierdie werklik Jesus was.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Ontvang die Heilige Gees Boek 2 – Die Doel van die Heilige Gees

R60.00R80.00

Wanneer ons gedurende ons reise deur Suid-Afrika bemoediging aan boere in afgeleë gebiede bring, asook aan manne en vroue wat binne en buite kerk “strukture” beweeg, vind ek twee algemene dinge. Eerstens dat daar ‘n ernstige gebrek aan kennis van die Woord is, en tweedens dat daar ‘n versigte begeerte is om meer van die werking van die Heilige Gees te leer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Ontvang die Heilige Gees Boek 3 – Die Doop: Water | Gees | Vuur

R75.00R100.00

Ek het eenmaal by ‘n interkerklike manne byeenkoms in Pretoria bedien en teen die einde van my preek het ‘n man wat heel agter in die ouditorium gesit het, my ‘n vraag gevra: “Wat glo jy omtrent die doop?” Hierdie vraag raak ‘n baie omstrede kwessie in Suid-Afrika aan waaroor daar al menige vurige debatte gevoer is. Ek het besef dat ek daardie vraag in hierdie interkerklike omgewing met wysheid sou moes beantwoord, en ek het die Heilige Gees gevra om my te help. Die woorde wat uit my mond gekom het, was nie my eie nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Die Skepper en Sy Skepping

R30.00R40.00

Ons begin met die wonder van lig. Die eerste skeppingswoorde was: ”Laat daar lig wees.” Lig is die energiebron van alle vorms van lewe, direk en indirek. Sonder lig kon daar geen lewe op aarde gewees het nie. Lig bestaan uit ‘n hele spektrum van verskillende strale waarvan ons net party kan sien.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Hoe Het Dit Alles Begin?

R35.00R50.00

Miljoene jong Christene het deur die afgelope eeu oor hierdie hoofstuk gestruikel, hul vertroue in die Bybel verloor, asook hul geloof verloor. Ek beskou dit as die grootste tragedie van ons tyd. Intussen moes hierdie betekenisvolle wetenskaplike hoofstuk die teenoorgestelde effek gehad het. Die doelwit van hierdie skrywe is ‘n poging om die sluier oop te trek en sy skatte te openbaar. Hierdie boekie word daarom aan jong Christene opgedra.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Die Exodus

R90.00R140.00

Ons gebruik die term die Exodus (die uittog) wanneer ons na die volk van ISRAEL se bevryding van die Egiptiese onderdrukking verwys, asook die Bybelse verslag van hul verhalende reis deur die woestyn om 40 jaar later in hul toegang tot die Beloofde Land te ontaard. Hoewel die term, Exodus, nie in die oorspronklike Bybelteks voorkom nie, oorheers die onderwerp met al sy besonderhede vier boeke van die Bybel en word dit in die meeste van die ander Bybelboeke weerspieël.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Die Haglike toestand van die Wêreld

R35.00R50.00

Die Christelike luggolwe gons van profetiese voorspellings oor die LAASTE DAE. En Christelike aandag is op die dreigende EINDE. Profetiese Skrif word herhaaldelik uit die Ou en Nuwe Testamente aangehaal. Tog pas die toneel nie heeltmal nie, veral as mens die hele BYBEL-GEHEELBEELD beskou.

Wat skort?

Daar is ‘n teenstander in skaapsklere en daar is baie onskuldige skape wat hom volg. ‘n Ontleding van die boodskap wat hulle verkondig, sal totale verwarring openbaar, en dit is die voorneme van die versteekte teenstander.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Die Koninkryk van God

R35.00R50.00

Hoe belangrik is dit?

  • Die koninkryk van God word ongeveer ‘n honderd keer in die vier Evangelies genoem.
  • Dit was die onderwerp van die aankondiging van Jesus se geboorte (Lukas 1:32).
  • Dit was die tema van Jesus se prediking.
  • Dit is die eerste versoek in die Onse Vader-gebed (“u koninkryk kom”)
  • Dit is ‘n primêre opdrag van Jesus: “Soek allereers die koninkryk van God.”
  • Dit was die onderwerp van die 40 dae van post-opstanding lering van Jesus (Handelinge 1:3).
  • Dit was die onderwerp van die finale vraag wat Jesus se dissipels voor sy hemelvaart gevra het.
  • Dit was die onderwerp van die prediking van die apostels (Handelinge 28:31).
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Die Afrikaner se plek in die Volketuin van God

R55.00R80.00

Die 16de Desember is ‘n spesiale dag vir die Afrikaner volk. Dit herdenk die dag wat hierdie nasie ‘n verbond met God gesluit het. Hul leier, Piet Retief, en sy metgeselle is in 1838 op ‘n verraderlike wyse deur Dingaan, die Zulu koning, vermoor. Voortrekker groepe is onmiddellik daarna aangeval en afgemaai. Die hele nasie het in gebed getree. ‘n Groep van ongeveer 460 vrywilligers het toe onder leiding van Andries Pretorius inbeweeg om Dingaan se leër van ver oor die 10,000 impi’s te konfronteer. Hierdie manne het voorlaaiers gehad, nie moderne gewere nie, en dit het teen hulle getel. Hulle was egter manne van God met ‘n diepe geloof, en weens die geweldige oormag wat teen hulle was, het hierdie klein groepie mense ‘n gelofte aan God afgelê dat as God vir hulle ‘n oorwinning in dié oorlog sou gee, hulle as Afrikaner volk vir God sou dien en vir Hom ‘n huis ter herinnering sou bou.

Hul volkome oorwinning by Bloed Rivier – sonder ‘n enkele verlies aan hulle kant – was een van die grootste wonderwerke in militêre geskiedenis.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in konflik Boek 1 – Twee stede

R70.00R90.00

In die Skrif word baie tyd aan die geboorte, karakter en finale bestemming van hierdie twee stede toegewy – die een lynreg in teenstelling met die ander. Hierdie stede is JERUSALEM en BABILON. Hulle word 1 097 keer in die Skrif genoem (Jerusalem 811 keer en Babilon 286 keer). Die een is YHWH se stad wat Hy liefhet, en die ander is Satan se stad wat hy uitbuit in ‘n poging om alles wat GOED is, omver te gooi.

Aangesien hierdie stede byna van die begin van die Bybelse tyd ‘n belangrike rol in wêreldsake speel, en in persoonlike, nasionale en internasionale konflik voorkom, betaam dit ons om van naderby te kyk wat die Skrif oor hulle sê. Hulle het op een of ander manier ‘n betekenisvolle impak op elke aspek van ons lewens, of ons dit wil erken of nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in konflik – Boek 2 – Koninkryk saad

R70.00R90.00

In 1Kronieke 12:32 lees mens van sekere seuns van Issakar “met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen;”. Hierdie manne het gekom om Dawid by te staan om koning te word. Saul, die koning, was dood.

‘n Seisoen is verby en ‘n nuwe seisoen het aangebrek. Hierdie manne het insig gehad in YHWH se seisoene en hierdie insig het hulle gehelp om goeie besluite te maak vir die verbetering van die volk as ‘n geheel.

Gen 8:22    “Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.”

YHWH het seisoene geskape. Seisoene is patrone wat hulself onfeilbaar herhaal. Seisoen volg met voorspelbare herhaling op seisoen net soos wat die dag die nag volg, en somer, die winter.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in konflik – Boek 3 – Huwelik & Gesin

R100.00R140.00

Daar is ‘n aanslag teen huwelike en gesinne soos seker nog nooit tevore in die geskiedenis ervaar is nie. Die koninkryk van duisternis wil bittergraag hierdie Godgegewe ontwerp van ‘n gelukkige verhouding tussen ‘n man, sy vrou en hulle kinders vernietig. Ek dink daar is min dinge in die wêreld wat so kosbaar is soos ‘n ordelike, rustige, gelukkige en Goddelike huwelik en gesin.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in konflik – Boek 4 – Verleiding van Bileaam

R40.00R60.00

Mislukkings, hetsy persoonlik of ander, is seker een van die mees ontmoedigende ervarings wat ‘n mens kan beleef. Daar is ‘n onderliggende geestelike konflik wat mens moet verstaan as jy die pynlike herinneringe van vorige mislukkings  effektief wil bekamp en dié leuenagtige aantuigings wat daarmee gepaard gaan, is ‘n onheilspellende wapen wat die vyand teen ons gebruik om ons te probeer vernietig.

As ‘n mens wil leer hoe om oorwinning oor die aanslag van die vyand op hierdie gebied te verkry, is dit belangrik dat ons ‘n stewige fondasie van waarheid lê. Hierdie boustene van waarheid is sorgvuldig in die Ou Testamentiese geskiedenis van Israel uitgelê. Jesus en al die apostels bevestig hierdie kragtige beginsels deur hierdie stukkies waarheid gereeld uit die Wet, die Profete en die Psalms aan te haal en uit te lig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in Konflik – Boek 5 – Onwaarskynlike Boodskapper

R145.00R180.00

Daar is honderde Bybelprofesieë oor Abraham en Jakob/Israel. Die doel van hierdie boek is nie om enige spesifieke volk of groep mense bo ander te verhef nie. Die doel is eerder om die planne en doeleindes van YHWH God te ontdek soos wat dit deur ‘n oorvloed profetiese verklarings in beide die Ou en Nuwe Testamente openbaar word.

Tesame met die tema van herstel, is YHWH se handelinge met die volk van Israel by verre die grootste onderwerp van die Bybel ten opsigte van die volume van verwysings daarna. Dit is dus duidelik dat dit ‘n belangrike rol in YHWH se planne en doeleindes vir hierdie wêreld speel – veral vir die eindtyd waarin ons leef.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in Konflik – Boek 6 – ‘n Rooi Lyn

R90.00R140.00

Ons Here Jesus het ernstig gewaarsku teen valse leer. Hier is ‘n paar van sy waarskuwings:

Matt 7:15   “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.”

Die Apostel Paulus gee ook soortgelyke waarskuwings:

2Kor 11:13 “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.”

2Thes 2:11 “En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,”

Soos ons deur hierdie studie werk, sal ons sien hoe gereeld die vyand misleiding gebruik om YHWH se ewige reddingsplan en herstel van sy wonderlike skepping, asook die volk wat Hy uitverkies het om sy boodskapper van daardie herstel te wees, te vernietig. Mag die Here ons oë oopmaak om WAARHEID te sien en te verstaan, en deur dit te verstaan, om met selfversekering op daardie pragtige smal pad te wandel, ons oë vas op Jesus gerig, die Leidsman en Voleinder van ons geloof.

Mag WAARHEID uiteindelik seëvier.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in Konflik – Boek 7 – die Woestyn

R100.00R150.00

Die woestyn is die voorste linie waar die koninkryke van lig en duisternis in ‘n hewige geveg betrokke is. Dit is uiteraard ‘n plek wat ‘n mens graag wil vermy. As daar geen ander keuse is nie, moet ʼn mens dit maar probeer verduur. Maar om dit te begeer … daarna te verlang … dit te koester?!

Dit is egter juis in hierdie woestyn waar mens die mees hartstogtelike woorde van liefde ooit hoor. Hierdie boek is geskryf om as bemoediging en rigtingwyser te dien vir daardie individue of nasies wat hulle in ‘n tyd van diepe onrus bevind.

Hoséa 2:13 “Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.”

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in Konflik – Boek 8 – Eerste Opstanding

R50.00R70.00

Voordat ons kyk na die pragtige beloftes wat verband hou met die eerste opstanding, moet ons die hart van die lering oor die wederkoms van Jesus as Koning verstaan. Volgens die Skrif volg die eerste opstanding op Jesus se wederkoms. Hierdie waarheid ontbloot die valse leringe wat in die Romeinse leer gewortel is. Hul futuristiese lering het soveel verwarring onder gelowiges veroorsaak dat baie selfs weier om die onderwerp te bespreek. Tog vorm dit ‘n groot deel van ons toekomshoop. Weereens sien ons die teenstrydige koninkryk van duisternis, besig om verwarring onder die gelowiges te saai. Die doel is om ons weerstand af te breek deur veral ons Christelike hoop te ondermyn. Die Skrif leer ons duidelik dat sonder hoop daar geen geloof kan wees nie. Geloof is gebaseer op hoop. Dit is dus noodsaaklik dat ons hoop stewig gegrond is op die waarheid van die Woord.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in Konflik – Boek 9 – Herstel van alle dinge

R70.00R90.00

Die herstel van ALLE dinge is sekerlik die droom of hoop van alle gelowiges. Geen geweld of siekte of lyding of pyn meer nie. Nie meer lieg en bedrieg nie. Geen vrees meer nie. Geen sonde meer nie. Geen dood meer nie. Dit is ‘n droom van Utopia. Dit lyk amper asof dit onmoontlik is en nooit ‘n werklikheid sal wees nie.

Die Bybel leer ons dat vir die wat hul vertroue op Jesus stel, hierdie volmaakte toekoms wag.Ek dink nie dit sal moontlik wees om die omvang van hierdie “droom” ten volle te begryp nie. Tog   motiveer hierdie toekoms verwagting ons om enige lyding wat ons ook al mag ervaar, te verduur.

Ek bid dat hierdie studie jou sal inspireer soos geen ander nie, aangesien jou hoop as gelowige op die vaste rots van YHWH se kosbare Woord gebou is.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koninkryke in Konflik – Boek 10 – Tweede Opstanding en Ewige Oordeel

R60.00R80.00

As inleiding herhaal ek ‘n gedeelte van die laaste deel van Boek 9 omdat dit as inleiding dien vir hierdie boek, Boek 10. In Boek 9 – Die herstel van alle dinge, het ons Christus se duisendjaar-heerskappy op die aarde behandel. Die tydperk is verseker een duisend jaar soos wat die volgende Skrif aandui. Tydens hierdie duisend jaar-tydperk sal die duiwel en sy demoniese magte, volgens die Skrif, toegesluit wees en sal daarom die aarde se bewoners nie meer kan versoek nie. Die opstand aan die einde van die duisend jaar sal dus die harte van die mense wat teen YHWH en sy volk in opstand kom, openbaar. Die volgende Skrifgedeelte hanteer hierdie onderwerp:

Open 20:3 “… daarna moet hy [die duiwel] dan ‘n kort tydjie ontbind word.”

20:5            “En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie …”

Oor een ding kan ons seker wees, dat daar vir dié wat tot sterwe kom, geen meer kans is om te verander of hulle te bekeer nie. Die Skrif sê:

Heb 9:27 “En net soos die mense bestem is om eenmaal te sterwe en daarna die oordeel.”

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare