Ontvang die Heilige Gees Boek 1 – Ingang tot die Koninkryk
From: R10.00Ons kom die frase, “Ontvang die Heilige Gees” ten minste ses keer in die Nuwe Testament teë. Die bogenoemde aanhaling van Jesus was net ná Sy opstanding by die geleentheid van Sy eerste verskyning aan Sy dissipels, waar hulle agter slot en grendel uit vrees vir die Jode weggekruip het. Hulle was met verwondering gevul toe Hy die letsels van spyker gate in Sy hande vir hulle wys, en hulle besef dat hierdie werklik Jesus was.