Faith & Testimonies

Hot
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Nog ‘n Plaas in Afrika

From: R10.00

Om te boer was vir my veel meer as om ‘n paar beeste aan te hou,” skryf Henry Jackson, ‘n afstammeling van Zimbabwe sendeling boere. “Dit was om standpunt in te neem vir dit wat reg is.”

Nóg ‘n plaas in Afrika is ‘n weergawe van Jackson se lewensgeskiedenis in Zimbabwe. As ‘n gesinsman, sakeman, boer en Christen predikant in ‘n getraumatiseerde gemeenskap handel Jackson se verhaal oor sy kinderlewe in Rhodesië, die oorlog, ‘n politiese revolusie en oorname van regering deur ‘n kommunistiese regime, asook die gevolglike ekonomiese val van die land.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Hot
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Koester die Woestyn

From: R10.00

Jesus se leer het my geweldig uitgedaag terwyl ek en my vrou in ‘n land (Zimbabwe) gewoon het waar korrupsie aan die orde van die dag was, en waar ons voortdurend met gevaarlike situasies gekonfronteer is, situasies wat ons lewens en lewensonderhoud bedreig het. As man en pa vir my gesin het ek ‘n groot verantwoordelikheid voor God gehad om my gesin te lei en goeie besluite te neem. Ons is geweldadig in ons huis aangerand en ons besittings is gesteel. Ons besigheid en boerdery is met opset deur polities-gedrewe mense gesaboteer en my lewe is verskeie maal bedreig. Die lewe was uitsonderlik moeilik.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Die Beslaglegging op Grond Sonder Vergoeding – Wat sê die Bybel?

From: R10.00

Geweldadige onteiening van grond is nie ‘n nuwe verskynsel nie. Dit het al herhaaldelik deur die eeue plaasgevind. Dit kom in beide die Ou en Nuwe Testament van die Bybel voor. In die eerste paar verse van Genesis 12 gee YHWH vir Abraham die opdrag om sy land te verlaat en na ‘n nuwe land te gaan wat YHWH vir hom sou gee. Abraham word deur YHWH na die land Kanäan gelei, en dit is dan die land wat aan hom beloof is.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

In die Holte van Sy Hand

From: R10.00

In die holte van sy hand is die verhaal van ‘n onopgeleide en onervare jong paartjie wat, niksvermoedend, die wêreld van die bonatuurlike betree het toe hulle die roeping na die bediening in 1958 aanvaar het.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Die Afrikaner se plek in die Volketuin van God

From: R10.00

Die 16de Desember is ‘n spesiale dag vir die Afrikaner volk. Dit herdenk die dag wat hierdie nasie ‘n verbond met God gesluit het. Hul leier, Piet Retief, en sy metgeselle is in 1838 op ‘n verraderlike wyse deur Dingaan, die Zulu koning, vermoor. Voortrekker groepe is onmiddellik daarna aangeval en afgemaai. Die hele nasie het in gebed getree. ‘n Groep van ongeveer 460 vrywilligers het toe onder leiding van Andries Pretorius inbeweeg om Dingaan se leër van ver oor die 10,000 impi’s te konfronteer. Hierdie manne het voorlaaiers gehad, nie moderne gewere nie, en dit het teen hulle getel. Hulle was egter manne van God met ‘n diepe geloof, en weens die geweldige oormag wat teen hulle was, het hierdie klein groepie mense ‘n gelofte aan God afgelê dat as God vir hulle ‘n oorwinning in dié oorlog sou gee, hulle as Afrikaner volk vir God sou dien en vir Hom ‘n huis ter herinnering sou bou.

Hul volkome oorwinning by Bloed Rivier – sonder ‘n enkele verlies aan hulle kant – was een van die grootste wonderwerke in militêre geskiedenis.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Compare

Select at least 2 products
to compare